Dis nou al langer as ‘n maand vandat ek hier is. Wat kan ek hiervan sê? Wel, die werk is sover baie lekker. Ek het pas my eerste projek klaargemaak waar ek die grond erosie in Lesotho vanaf satellietbeelde karteer het. Dit was baie interresant en het baie geleer. Vir die van julle wat nie heeltemal weet wat ek doen nie, verbeel jou net jy sit heel dag op Google Earth. Dit gee mens effense idée. Ek voel ook nou lekker ingesettle by die werk en kom goed oor die weg met die mense. Ek is gelukkig genoeg om baie nice base te hê.
Die mense in my huis het ek nou al meeste ontmoet. Dit is ‘n mixed bunch, van 2 Duitsers en ‘n Australier tot goeie ou Afrikaanse Natallers en Mpumalangarre. Lyk my meeste studeer maar. Ek is ook bevoorreg genoeg om twee Riem broers hier bo naby te hê. Mnre Jean-Pierre en Theo. Ons kuier darem lekker saam.
Ek het ongelukkig niks vreeslik opwindends om te vertel nie. Ek werk maar in die dag en die aande en naweke probeer tesis skryf. Dis maar werk, slaap, werk, slaap ens. Dit is baie uitputtend en ek voel hoe vat dit aan my. So stuur asb lekkergoed en beskuit sodat ek kan beter voel. :) Wat wel eintlik vir my opwindend is, is om ‘n nuwe plek te ontdek en leer ken. ‘n Mens kan net regtig ‘n ware gevoel vir ‘n plek ontwikkel as jy eers daar woon en werk vir ‘n ruk. So gevoel oor Londen.
O ja, die lewe is darem nie so boring nie, Het einde Sept ‘n draai op Potchefstroom gemaak en bietjie vir een van my mede GIS/Remote Sensing industrie maters gekuier. Carlo was baie gasvry en sy plek is twee keer so groot en luuks teen die helfde van myne se prys! Marinus, nog een van my swot/industrie maters was ook daar vanaf Kempton asook Bertie. Dit was natuurlik Aardklop, premier Afrikaanse kunstefees in hierdie wêreld. En nogals ‘n belewenis.
Na Aardklop moet ek bieg dat ek die afleiding gemaak dat die Afrikaner rêrig ‘n kommin nasie moet wees. Dit natuurlik ook genoem by die werk. En heel toevallig en tot my nederig making het die kommin toets per e-pos daarna by my arriveer. Ek het natuurlik een van die hoogste tellings op die vlak van kommingeid aangeteken, wat dalk aangedui het dat ek nie so uit plek was op Aardklop soos ek gevoel het nie. Die van julle wat dit ontvang het sal seker nou al die kommin sage in die kuberruim goed gevolg het!
Alle grappies op ‘n stokkie, dit was vir my jammer om te sien hoe die Afrikaner begin verval in mense met geen self respek of waardes nie. Ek het die naweek se “rock concert” oppiAarde (soos Kaktus op d vlakte van KKNK) bygewoon. Daar ‘n paar ontstellende outfits gesien wat hulself as Afrikaanse kunstenaars voordoen en die jongmense wat natuurlik juig op elke kru woord wat ge-uiter word. Ek maak myself nie as die mees hoogs heiligste, perfekte mens af nie, maar jislaaik... Ons almal se geliefde Polisiekar band het natuurlik gesorg vir die grand finale. Ek weet nie hoe jy ‘n groep kan ondersteun wat in die gehoor in spoeg nie?
Maar dit was nie als sleg, oor die algemeen was die naweek baie lekker. Johnny Clegg is ‘n moet om te sien vir enige iemand. Hy is ‘n absolute legende. Hy het ook ‘n liedjie in Afrikaans gesing wat cool was (seker om toelating tot die fees te kry). Chris Chameleon is ook natuurlik uitstekend. Parlotones, Lukraakketaar, the Narrow (lekker raserige musiek Erick) en ‘n paar ander interresante onbekendes. Ek sou graag die fees wou bywoon nie op die naweek waneer dit so onmoontlik besig is nie, dalk sal ek ‘n ander indruk daarvan kry.
Wel die hele ondervinding hier is nogals te groot om in woorde te beskryf. Daar is so baie wat gebeur, so baie om oor te dink en besin en so min tyd om dit te doen! Ek kan nou seker heel filosofies en geestelik raak hier, maar eks bevrees daar is nie tyd om al my gedagtes neer te lê nie. En die hele ondervinding van hiernatoe verskuif is elk geval steeds ‘n proses in wording. Ek sal maar net sê indien julle regtig belangstel, “watch this space” vir ‘n paar gedagtes, of beter, ons maak ‘n lekker braai en sit en praat heel aand!
‘n Storie van hoe “die Here gee en die Here neem” het ek dit nogals goed getref toe ek een aand oppad kerk toe was. Ek slaap mos nog die heeltyd op my opvou spons bank en het begin voel dit raak hoogtyd dat ek die wêreld van mense wat op beddens slaap ook betree. My huiswerk gedoen en intimideer geraak oor die pryse van beddens, maar gevoel dis nodig omdat kuiergaste niks het om op te sit nie. Toe kerk toe gery een aand en advertensie vir afslag op beddens langs die pad opgeplak gesien. Gegaan die week en ‘ queen size bed vir amper ‘n derde van die oorspronklike prys gekry! Sien, vir julle wat dink dis tydmors om kerk toe te gaan, dink weer! :)
So gaan lewe voort en so ontvou die lewenspad. Wat lê voor en waarheen nou? Ja ons ou land aan die Suid punt van Afrika. Ons inwoners wat so ‘n interresante klomp is. Ons situasies wat so uniek is. Ons lief en leed, ons struggles en vreugdes, swaarkry, bedreigings, hoop en geloof... Never a dull moment in Africa...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
6 comments:
"Never a dull moment in Africa..." Amen, to that brother!!!
Ek werk nou maar net 2 weke aan die Weskus, en vir die van julle wat dink dis die rustige, luilekker, snoekbraai en bier lewe...kontak my...it's not true!
But then again...life is what you make of it.
Dankie Cheri. Uit die mond van nog iemand wat bietjie aanpassings in die lewe moet maak. Stellenbosch is 'n bubble julle, besef dit!
KOUS!
What, man?! What a marvelously splendid blog! :-) Bly dis uiteindelik up and running! Keep it coming! Ek geniet jou skryfwerk!
Cheers!
SuperJ
Jis Cobus,
Baie beindruk met die web space! Gedog 'n ou moet 'n regte geek wees om so iets te kan doen.
Ja, 'n ou word nogal 'gedwing' om te filosofeer oor jou lewe as jy eers la-la land verlaat het. Die opsies is nou onbeperk en waar jy gaan sit oor 'n jaar hang NET van jou alleen af. Nogal soms daunting. Julle is 'n lekker klomp daar in Pertoors (ekskuus, Tswane). London is voorwaar 'n mengelmoes van nasionaliteite. Hier is VREK baie mense. Jy waag dit nie op die tube in spitstyd nie! Ek verlang effe na bietjie breathing space. Winter is nou vinnig oppad, ek kyk al sterre in die oggende as ek trein toe stap.
Goed gaan eers. Ek sal dalk later by jou hoor hoe mens so 'n web kan bedryf.
Cheers mate!
Christian
Dankie vir die blog, Kous. Klink my jy is heel bedrywig. Nou moet jy nog net vir jou 'n oulike Pretoria-se meisie kry!!
Post a Comment