Reg so die volgende blog. Ja dit was lanklaas wat daar iets was. Almal het seker al ophou na my blog gaan omdat daar niks nuut verskyn. Maar ek weet SuperJaco sal darem gaan, want net soos ek soek hy dikwels ‘n verskoning om nie werk voor hom op die rekenaarskerm te hê nie en uit te vind wat die ander siele in hierdie wêreld mee besig is.
Ek sit op die oomblik met my standaard bord spaghetti met maalvleis, sampioene en tamatie wat ek in die Riem gewoonlik gemaak het. Omdat ek alleen is in my kamer kan ek eet soos ‘n vark en nie worry daaroor nie. Ek dink kos proe lekkerder as jy dit in sulke groot hompe inlaai. Elk geval, vanaf Saterdag 13:00 is ek weer besig om ‘n mens te word. Ek het my tesis weggestuur en hoef vir nou nie meer aande te werk nie (en nou kan ek gelukkig ook nie meer daaroor praat nie).
So die absolute stress en gebrek aan rus wat ek die afgelope 2 maande en 10 dae beleef het is verby en my gestel sowel as geestestoestand is besig om aan te pas daarby. (Weereens, kry my jammer en stuur koekies en lekkers. Hoekom het niemand dit nog gedoen nie?) Dit is interresant hoe ‘n mens se uitkyk deur ‘n gebrek aan rus beinvloed word. Ek dink die belangrike ding in so ‘n situasie is om te weet dat jy onder druk is en dit nie te ernstig opneem as jou denke begin snaaks raak nie. Dit het ek in my dae van nagskof sekuriteiswerk in Londen geleer.
Dit sit natuurlik jou geloof ook onder druk En snaaks genoeg is dit geloof wat my deur die situasie dra. Die afgelope tyd was ek bakleierig met God, maar ek is nog nie deur ‘n weerligstraal getref, so ek neem aan ek is steeds ok in Sy oë. En die vraag wat by my ontstaan is of dit agv stres en gebrek aan rus is of nie. Dra mens jou krapperigheid vanaf die alledaagse na die onsienlike oor?
Ek moes ma bietjie diep raak, maar sal ophou voordat ek te prekerig raak en ketter oor dinge wat te groot is vir my woorde. Hierdie skrywery is nogals rerig terapeuties en help klaar om mens se kop te stabiliseer. So nou is die vraag: waaroor gaan vandag se blog? Ek dink dit gaan sommer oor enigiets. Die lewe, denke, ondervindings, gedagtes en soos bogenoem, terapie.
Wel deesdae het ek my siel aan kommersialisme verkoop. Ek is ‘n goeie verbruiker. Ek weet by watter winkel ‘n Samsung wasmasjien die goedkoopste is en selfs waar mens ‘n skoppie en handborsel teen die beste prys kan kry. Ja eks bevrees ek ken myself nie meer nie. Die mens wie se hartsbegeerte dit is om in ‘n hut êrens in die bundu’s te bly en van die veld te leef is weg… En dis als liewe, verpeste Mammon se skuld. En soos ek oor naweke en soms deur die week na die Malls gaan om hom daar te dien en my kontant na die kassiere/altaar bring, kom die vraag soms by my op: “Ketels, stofsuiers, strykysters, lepels. Het ek hierdie dinge regtig nodig?”
Die eerlike antwoord is nee. Maar dit maak wel die lewe bietjie makliker. As ek my kos vanuit die yskas eerder in ‘n mikrogolf kan warm maak as onder die oond se gril, hoekom dan nou nie? Die gril maak dit nie ordentlik warm nie en dalk kan ek siek word as die kos nie weer goed warm gemaak word nie. So koop vir jouself ‘n mikrogolf. En so vertel jy jouself elke keer hoekom jy iets moet hê. En soek natuurlik rond waar jy dit die goedkoopste kan kry. Die goeie verbruiker...
Maar egter, ek kom tot die gevolgtrekking dat om te budget een van die heiligste goed is wat jy kan doen. Dit wys klaar jou verantwoordelikheid met dit wat jy ontvang en om die kanse om in finansiele nood gedompel te word te verminder, waar jy andersins in die vesoeking val om te steel, roof en begeer. Ek dink basiese budgeting moet in ons land se skole geleer word as verpligte vak. Dit mag dalk baie van ons armoede en desperaatheids probleme oplos.
Het gisteraand ‘n goeie fliek gesien. Faith like potatoes. Dis nogals bietjie in die lyn van my vorige blog se einde. Dit gaan oor ‘n sukkelende boer in Natal wat deur geloof in God later ‘n evangelis raak en ‘n sukses van die boerdery maak. Dit het nogals baie van die (ek neem aan, eks ‘n dorpsknaap) tipiese scenarios van die gebeure op ‘n Suid-Afrikaanse plaas. Ek dink van julle wat op plase grootgeword het sal dit nogals veral waardeer. Dit is ‘n Suid-Afrikaanse fliek en akteurs.So gaan kyk dit en ondersteun ons plaaslike (talentvolle en unieke) film industrie.
En op daardie noot gaan ek nou maar die blog afsluit. Ek weet nie meer wat om te sê nie. Maar met rus wat soos koel water oor my begin spoel sal ek hopelik kan drink daarvan en vervris ‘n nuwe hoofstuk vanaf pen tot papier bring. (Dit was my poging om poëties te wees!)
Groete maters
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Wazaaap Kous!
Daar is jy toe wrintiewaar reg, ek het kom check of jou blog ge-update is! En ek is goed beloon! Bly jou tesis is weg na die Groot Z toe; sterkte vir die resultaat! By the way, ek dink definitief mens dra jou krapperigheid oor van die alledaagse na die onsienlike (Dink maar aan Job!). En in my ervaring dra mens jou vreugde en nood ook so oor! Dink nie dis 'n slegte ding nie. The Good Book sê immers "In ALL your ways acknowledge Him, and he will direct your paths"! Keep them coming, Kous; jy is besig om van SuperJaco 'n Kous-fan te maak!
Post a Comment